Alles is nie verwoes in brand by parlement

Daar is ‘n bietjie goeie nuus na die verwoestende brand by die parlement in Kaapstad. Die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Amos Masondo, het aan die gesamentlike staande komitee oor finansiële bestuur in die parlement gesê die raad se raadsaal en kantore, die parlement se biblioteek, museum, kunswerke en die grondvloer van die ou Volksraad het behoue gebly.