Suide van Spanje steier onder hittegolf

Temperature het Saterdag bo 40 grade Celsius gedraai in die Spaanse Guadalquivir-vallei in Sevilla en die nabygeleë stad Cordoba, het die nasionale metereologiese kantoor AEMET gesê. Die hittegolf vererger vandag namate temperature tot 43 grade Celsius in dele van Suid-Spanje kan styg. ’n Wolk warm lug uit Noord-Afrika het die kwik laat styg, het die voorspellers gesê. Die verstikkende hittegolf kan in die grootste deel van Spanje duur tot 15 Junie, ses dae voor die somer amptelik op 21 Junie begin. Voorspellers het erge winde en storms in sommige dele van Spanje voorspel.