Kenner verduidelik oor sprinkane wat klaarblyklik op pad is na sentrale Namibië

Daar was twee redelike ernstige ongelukke oor die naweek tussen Keetmanshoop en Mariental aangemeld as gevolg van ‘n plaag sprinkane op die pad. Die plaag was eers verder Suid, tussen Grünau en Keetmanshoop maar dit blyk nou om in ‘n noordelike rigting te beweeg. Daar was eers bespiegel dat die plae nou eers end sou kry maar, dit blyk om nie die geval te wees nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse kenner, dr. Gerhard Verdoorn gepraat.