Gediversifeerde vleisprodukte na China? Nie gou nie!

Die Adjunkdirekteur vir Beleggingsbeleid by die handelsministerie, Angela Pretorius, het gevra vir die uitbreiding van Namibië se handelsbetrekkinge met China deur ‘n verskeidenheid plaaslike produkte te diversifiseer vir die Chinese mark. Sy het verlede week gepraat by die promosiekonferensie vir die 7de China Internasionale Invoer-expo in Windhoek. Pretorius het verwys na Namibiese beesvleis in die Chinese mark en beklemtoon hoe belangrik dit is om bykomende produkte te ondersoek om gebalanseerde handel te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike landboukundige Wallie Roux oor hoe landbouprodukte gediversifiseer kan word vir die Chinese mark, veral vleisprodukte.