JD Schickerling keer ook terug na Stormers

Rugby: Die slot JD Schickerling gaan nou ook terugkeer Kaap toe nadat hy ‘n ooreenkoms van drie jaar met die Stormers onderteken het. Die 28-jarige het in 2016 vir die Stormers begin speel en 40 keer vir hulle uitgedraf voordat hy in 2021 na Japan is. Die indrukwekkende Shickerling sal die slotgroep versterk wanneer hy in Julie terugkeer. Die Stormers se rugbydirekteur, John Dobson, sê die ondertekening is nog ‘n hupstoot vir sy groep, veral vanweë Schickerling se spelvernuf en rugbywortels in die streek.