Gebaretaal moet amptelik erken word

Die Nasionale Federasie vir Mense met Gestremdhede in Namibië het ‘n nasionale werksessie oor die hersiening van gestremdhede in die hoofstad gehou. Die nasionale voorsitter, Matheus Hashoono, het gepraat oor van die uitdagings wat die federasie en sy mense ervaar. Hy het ook beklemtoon dat die land steeds van verouderde mediese assessering gebruik en dit skep ‘n skuiwergat vir diskriminasie. Hashoono sê aan Kosmos 94.1 dat hulle wil hê dat gebaretaal as ‘n taal in Namibië erken word.