Gautengse premier sê 14 500 poste weens onluste geraak

Die premier van Gauteng, David Makhura, het bevestig dat 14 500 poste geraak is in die gewelddadige onluste en plundering in die provinsie. Hy sal maatreëls bekend maak om besighede en gemeenskappe te help wat as gevolg hiervan geraak is. Dertig winkelsentrums is in Ekurhuleni, Tshwane en Johannesburg se metro’s geplunder. Makhura sê klein ondernemings in die provinsie is ook vernietig.