Geingob: Omaheke het hoogste Covid-sterftesyfer

Namibiese President Hage Geingob spreek tans die land toe oor die jongste Covid-19-maatreëls. Hy sê die Covid-sterftesyfer is tans op 2,5 persent en die herstelkoers is op 80 persent. Omaheke het die hoogste sterftesyfer, 6,5 persent, drie keer die nasionale syfer. Die President het gesê die toename in sterftes in die noorde van Namibië is uiters kommerwekkend.