Franse vrou steel N$85 miljoen se edelstene

‘n Sestigjarige Franse vrou is vyf en ‘n half-jaar tronk toe gestuur nadat sy skuldig bevind is aan sameswering om byna 85 miljoen Namibiese dollar se edelstene uit ‘n luukse juwelierswinkel in Londen te steel. Lulu Lakatos het haarself as ‘n edelsteen-kenner voorgedoen en sewe diamante in die Boodles-winkel inspekteer namens ‘n Russiese belegger. Sy het die stene toe met klippies vervang terwyl sy probeer het om die personeel se aandag af te trek deur voor te gee sy kan nie Engels praat nie.