Gautengse gesondheidsdepartement betaal nou eers mediese interns

Die Gautengse gesondheidsdepartement het bevestig 53 van die 56 mediese interns wat nog hul salarisse vir Januarie en Februarie moes ontvang, is vandag betaal. Die ander drie se aanstellingsprosesse is steeds aan die gang en onderhewig aan die afhandeling van administratiewe kwessies. Die departement se woordvoerder, Kwara Kekana, sê daar is 429 mediese internposte wat jaarliks befonds word.