Gauteng reeds moontlik oor vierde vlaag

Die buurland se departement van gesondheid sê vroeë aanduidings wil dit laat lyk of Gauteng al oor die piek van die vierde vlaag Covid-19-besmettings is. Die departement sê besmettingsyfers en die persentasie mense wat positief vir die virus toets, is aan die afneem. Die premier van Gauteng, David Makhura, sê die rede hoekom die vierde vlaag ligter as die voriges is, is omdat meer mense in die provinsie ingeënt is: