Vertragings in PCR-toetse by Mamuno

Die distrik gesondheidsbestuurspan van Ghanzi in Botswana het aangekondig dat daar ‘n vertraging is in die prosessering van PCR-toetse vir Covid. Luidens ‘n verklaring van die span se koördineerder, dr. Kebatshabile Mosheti, is van die masjiene wat gebruik word, stukkend en dus vat uitslae langer vir deurgang by die Mamuno grenspos na Namibië. Daar word ‘n beroep op reisigers gedoen om eerder by die grenspos aan te meld met ‘n PCR-toets wat nie ouer as 72 uur is nie, om dinge te bespoedig. Mosheti sê die situasie kry aandag en die publiek sal ingelig word wanneer dinge na normaal terugkeer.