Nampol: Nadoodse ondersoek bevind vrou is 24 keer met mes gesteek

Die Namibiese polisie het die vrou, wie se liggaam Donderdag agter die ELCIN Hosiana-gemeente in Katutura in die hoofstad gevind is, as die 28-jarige Charmaine Saron geïdentifiseer. Volgens haar suster is Saron van Rehoboth en was sy vir sowat drie weke in Windhoek en het ‘n verpleegassistent-kursus bygewoon. Sy is Woensdag laas deur haar familie gesien toe sy omstreeks elf-uur die aand die huis verlaat het. ’n Nadoodse ondersoek is gedoen en dit dui daarop dat die oorledene 24 keer met ’n mes gesteek is.