NVG vaar uit oor Ace se bewerings dat aanklagte teen hom polities-gedrewe is

Die Nasionale Vervolgingsgesag het uitgevaar teen die bewerings van die geskorste hoofsekretaris van die ANC, Ace Magashule, dat die aanklagte teen hom polities-gedrewe is. Magashule sê die vertraging in die afhandeling van sy saak rondom die asbesdak-projek van miljoene Suid-Afrikaanse rand is daarop gemik om sy deelname aan die ANC se komende nasionale konferensie te ontwrig. ‘n Woordvoerder van die Vervolgingsgesag, Mthunzi Mhaga, sê die bewerings is heeltemal ongegrond.