Mbappe was sy hande oor klub se reklamevideo

Die Franse voorspeler Kylian Mbappe het homself gedistansieer van ‘n reklamevideo wat sy klub, Paris St Germain, gebruik het om seisoen-kaartjieverkope te adverteer. Hy sê hy is nie ingelig hoe die onderhoud waaruit dit kom gebruik sou word nie. Die video bevat grepe uit ‘n onderhoud waarin hy die klub bespreek en ondersteuners kry ‘n skakel na die kaartjie-afdeling van die webwerf. SuperSport haal Mbappe aan wat sê sulke voorvalle is die rede hoekom hy veg vir individuele beeldregte.