Een Covid-verwante sterfte van 17-jarige aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-verwante sterfte van ‘n 17-jarige seun aangemeld, asook nege nuwe gevalle uit 728 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 1,2 persent verteenwoordig. In die groep is drie leerders en een gesondheidswerker. Daar is nou 2 534 aktiewe gevalle, waarvan 24 pasiënte in hospitale is en vier in hoësorgeenhede.