Franse oudpresident tot een jaar tronkstraf gevonnis

‘n Hof in Parys het die gewese Franse President, Nicolas Sarkozy, ‘n vonnis van een jaar opgelê nadat hy skuldig bevind is aan onwettige veldtog-finansiering tydens sy mislukte herkiesingspoging in 2012. Internasionale nuusagentskappe berig egter die 66-jarige Sarkozy gaan daarteen appelleer, wat dit ingevolge Franse wetgewing outomaties opskort. Die regter het ook aangedui hy kan in huis-aanhouding bly met ‘n elektroniese monitor. Dit is Sarkozy se tweede skuldigbevinding vanjaar nadat hy vanaf 2007 tot 2012 president was.