Nasionale verwelkomingsbiddag vir Zuma gehou

Die Jacob G. Zuma-stigting gaan ’n nasionale verwelkomingsbiddag hou vir oudpresident Jacob Zuma, wat onlangs op mediese parool vrygelaat is. Mzwanele Manyi, woordvoerder van die stigting, het in ’n verklaring gesê dié biddag word op 14 Oktober in KwaZulu-Natal gehou. Hy het gesê geloofsorganisasies, nieregeringsorganisasies en alle politieke partye sal daarheen uitgenooi word. Volgens bronne is Zuma verlede Woensdagaand uit ’n hospitaal in Gauteng ontslaan, enkele ure nadat ’n saak oor sy korrupsieverhoor in sy afwesigheid in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aangehoor is.