DA wil regering dwing om Afrikaans amptelik as inheemse taal te erken

Die DA het ‘n versoekskrif van stapel gestuur om die regering te dwing om Afrikaans amptelik as inheemse taal te erken. Woordvoerder Leon Schreiber sê dit is gerig aan die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, na aanleiding van sy klassifisering van Afrikaans as uitheemse taal in sy departement se beleidsraamwerk vir instellings van hoër onderwys.