Malaria-vry teen 2027?

Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê Namibië beoog om teen 2027 geen inheemse malariagevalle aan te teken nie en ook om die herinstelling daarvan te voorkom. Die land wil verder MIV en Vigs teen 2026 as ‘n openbare gesondheidsbedreiging beëindig, MIV-epidemiebeheer teen 2028 bereik en die las van TB verminder. Sy het gepraat na die Globale Fonds die land ‘n toelaag van sowat 619 miljoen Namibiese dollar gegee het om MIV, tuberkulose en malaria te beveg. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Walters Kamaya, die gesondheidministerie se woordvoerder, wat ‘n opdatering gee van die malaria-veldtog.