Kaartjies vir Springbokke-All Blacks so beskikbaar

Rugby: Kaartjies vir die Rugbykampioenskapstoets tussen die Springbokke en All Blacks in Kaapstad sal op 19 Junie te koop wees. ‘n Openbare registrasie van belangstelling sal van 27 Mei tot 9 Junie gehou word en ‘n kaartjie-trekking sal gedoen word om ‘n regverdige proses te verseker. Registrasie van belangstelling is ‘n inskrywing vir die trekking en verseker nie outomaties kaartjies nie. Suksesvolle aansoekers, wat lukraak gekies sal word, sal genooi word om tot vier kaartjies per kliënt te koop. Kaartjies wissel van 250 Suid-Afrikaanse rand tot 3 500-rand.