Francois Pienaar deel van konsortuim om Saracens te koop

Rugby: ‘n Konsortium van beleggers het tot die voorwaardes ingestem om ‘n meerderheidsbelang in die Engelse Premier-beroepspan Saracens vir 640-miljoen-rand te bekom. Die viermalige top Premiership-kampioene en driemalige Europese Bekerwenners is verlede seisoen afgradeer as straf omdat hulle verskeie kere salarisplafonne verbreek het. Maar hulle het teruggkeer na hulle die tweede-vlak Kampioenskapsreeks gewen het. Die voormalige Springbokkaptein van die 1995 Wêreldbeker-wenspan en voormalige Saracens-speler, Francois Pienaar, en Marco Masotti, een van die eienaars van die Sharks, is ook deel van die konsortium.