Fokus op waternood in Noorde
Die sentrale-noorde van die land gaan sedert Maart 2022 gebuk onder ernstige waterprobleme. Anna Shiweda, die adjunk minister van landbou, het in die Nasionale Vergadering aan parlementslede verduidelik die probleem is weens geblokkeerde waterkanale.
Shiweda het bygevoeg dat die ministerie aan planne werk om water-pyplyne te lê vanaf Oshakati tot Omuthiya.