Petrolbomaanval op stakende werkers sterk veroordeel

Die vakbond vir algemene nywerheidswerkers in Suid-Afrika het die petrolbomaanval op stakende werkers van Clover veroordeel. Die vakbond se lede staak sedert 22 November en het hul verontwaardiging uitgespreek oor berigte van petrolbomaanvalle en dreigemente teen sekere winkelbestuurders in Gauteng. Vakbondpresident Mametlwe Sebei beskou die aanvalle, dreigende telefoonoproepe, petrolbomme en onwettige afdankings as ‘n brutale poging om die beskermde reg om te staak te ondermyn: