Doek literêre toekennings in November

Die Bank Windhoek Doek literêre toekennings word elke tweede jaar aan vier Namibiese literêre kunstenaars toegeken wat in Doek gepubliseer het. Die kortlys sal op 1 September bekend gemaak word en die toekennings sal in November plaasvind. Rèmy Ngamije, die organiseerder van die Doek-toekennings, gesels met 94.1 Nuus.