Fleetwood verdedig, en behou sy titel op Sun City

Tommy Fleetwood van Engeland het sy titel in die Nedbank-gholfuitdaging behou toe hy vanjaar se toernooi by Sun City gewen het. Hy het in die laaste ronde 67 aangeteken om op elf onder klaar te maak. Dit is een hou minder as die 68 van die Nieu-Seelander, Ryan Fox. Christiaan Bezuidenhout was die beste Suid-Afrikaner op sewe onder baansyfer met ‘n laaste ronde van 72. Die toernooi is weens die Covid-19-pandemie in 2019 laas aangebied toe die Engelsman met die titel weggestap het. Fleetwood sê dit is altyd spesiaal om in Suid-Afrika te wen: