Cele vergader met misdaadgeteisterde gemeenskappe

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sal na verwagting vandag na Finetown, suid van Johannesburg, terugkeer om met die gemeenskap te vergader oor polisiëring en veiligheidskwessies. Sewe mense is die afgelope maand doodgeskiet en talle ander beseer toe rowers op straatsmouse in die gebied toegeslaan het. Cele se woordvoerder, Lirandzu Themba, sê die vergadering is in ooreenstemming met die ministerie van Polisie se verbintenis om polisiëring te verbeter en in te gryp by gebiede wat deur geweldsmisdaad geraak word: