Fisika bestaan nou in SA se inheemse tale

‘n Astrofisikus van die Universiteit van die Wes-Kaap, Carolina Ödman, het dit haar doelwit gemaak om die vreugde van wetenskap te vertaal en met almal te deel. Haar pogings is deur die Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum bekroon met die gesogte Kommunikasie- en Uitreiktoekenning. Dié toekennings wat as die wetenskap-Oscars bekend staan, is van die invloedrykste wetenskap-eerbetonings in Suid-Afrika. Ödman het aan die spits gestaan van pogings om wetenskaplike terme in die meeste van Suid-Afrika se inheemse tale te vertaal: