Fishrot-beskuldigde Hatuikulipi weer borgtog geweier

Regter David Munsu het vandag in die Windhoekse hoërhof die borgtogaansoek van een van die Fishrot-beskuldigdes, Tamson Hatuikulipi, van die hand gewys. ’n Stryery tussen Namibiese polisiebeamptes en NEFF-aktivis Michael Amushelelo oor ‘n kam in sy hare, het die aanvang van die borgverhoor vertraag. Al die Fishrot-beskuldigdes is agter tralies nadat hul borgaansoeke onsuksesvol was. Regter Munsu gee die redes waarom hy nie borgtog aan Hatuikulipi toestaan nie…