Namibiese graad 11’s en 12’s kry Vrydag hul uitslae

Die Namibiese onderwysministerie het aangekondig graad 11- en 12-leerders se eksamen-uitslae sal op Vrydag 30 Desember beskikbaar wees. Die onderwysminister Anna Nghipondoka sal Vrydagoggend om tien-uur amptelik die uitslae in die Ohangwena-streek aankondig. Deeltydse en voltydse kandidate kan hul uitslae Vrydagmiddag om kwart oor twaalf op die onderwysministerie se webtuiste, in gedrukte media en via die SMS-dienste kry.