Swakopmund-munisipaliteit maan teen vandalisme

Inwoners van die DRC-informele nedersetting in Swakopmund word gewaarsku teen die beskadiging van hul waterkrane. Die munisipaliteit van die kusdorp sê watertoevoer na die gemeenskap word bedreig deur die vandalisme van die krane, wat hul enigste bron van skoon drinkwater is. Die munisipaliteit maan dat die beskadiging van munisipale eiendom ‘n misdaad is en voorvalle van vandalisme moet aan die Namibiese polisie rapporteer word.