Fishrot 6: Borgtog-appèlaansoek eers op 22 Julie

Hoërhofregter Shafimana Uitele sal sy beslissing op 22 Julie gee nadat die ses Fishrot-verdagtes, Sacky Shanghala, Mike Nghipunya, Pius Mwatelulo, James Hatuikulipi, Otneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi Vrydag vir verlof tot appèl teen Uitele se weiering van borg gevra het. Ueitele het borg op 1 April vanjaar in die soveelste aansoek, geweier. Die Fishrot-saak behels 317 miljoen Namibiese dollar in bedrieglike en korrupte aktiwiteite wat die Yslandse vismaatskappy Samherji betrek. Sou die ses op 22 Julie suksesvol wees, sal die saak in die hooggeregshof aangehoor word.