Elon Musk onttrek sy ooreenkoms om Twitter te koop

Elon Musk het sy aanbod om Twitter vir 742 miljard Namibiese dollar te koop teruggetrek. Hy voer aan die ooreenkoms is verskeie kere verbreek. Die wêreld se rykste mens het in April besluit om Twitter te koop. Musk sê hy het onttrek omdat Twitter in gebreke gebly het om voldoende inligting te verskaf oor die getal gemorspos en valse rekenings. Twitter sê hy gaan regstappe doen om die ooreenkoms af te dwing.