Nóg ‘n rentekoersstyging sal lei tot hoër huurpryse

Eiendomskenners in die buurland waarsku nog ʼn rentekoers-styging kan lei tot hoër huurgeld vir huurders. Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee kom weer later die maand byeen en alle aanduidings is dat nog ʼn styging in rentekoerse waarskynlik is. Ontleders voorspel ʼn verhoging van 75 basispunte, wat ʼn verhoging in verbandpremies vir huiseienaars sal beteken. Kenners voorspel ook die vraag na huise sal waarskynlik as gevolg van die stygings daal, terwyl die huisverhuringsmark sal verbeter aangesien voornemende huiskopers hul huiskoop sal uitstel.