Finale Zondo-verslag aan Ramaphosa oorhandig

Die werk van die staatskapingskommissie is afgehandel. Hoofregter Raymond Zondo het vanmiddag sy vyfde en finale verslag in Pretoria aan President Cyril Ramaphosa oorhandig. Die kommissie is in Januarie 2018 in die lewe geroep en meer as 300 mense het sedertdien getuig. Honderde-duisende bladsye getuienis is ook ingewin. Zondo het met sy aankoms by die Uniegebou gesê hy het die afgelope paar dae nie geëet of geslaap terwyl hy die verslag voltooi het nie. Hy sê hy is verlig die uitgerekte proses het uiteindelik tot ‘n einde gekom.