Biltongfees vind op 30 Julie in Windhoek plaas

Die Biltongfees vind op 30 Julie by die Trustco United-sportgronde in Windhoek plaas. Die fees bied pret vir die hele gesin met groot vermaak, vertonings, kunstenaars, ‘n verskeidenheid staanplekke, heerlike kos, ‘n groot biertuin, en meer. Dominee Willem Dykema van Hervormde Kerk wat die Biltongfees aanbied, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.