Namcor is doodstil oor grootmaat bergingsfasiliteit in die binneland

Die petroleum-reguleerder Namcor, lok kritiek uit omdat hy as reguleerder ook die bedryf se kleinhandel betree het met verskeie vulstasies wat regoor die land beplan word, en nou bekend is as 33 wat opgerig sal word. Die nuus dat hy ook grootmaat-bergingsfasiliteite binnelands wil oprig om brandstof aan die bedryf te voorsien, het wenkbroue laat lig. Namcor word deels deur die belastingbetaler gedra. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskappy se woordvoerder Paulo Coehlo gepraat en hy wou nie veel uit die mou uitlaat nie.