Fietsry-kampioen steeds in hospitaal ná ongeluk

Fietsry: Die wêreld-padkampioen Julian Alaphilippe is steeds in die hospitaal nadat hy Sondag in ‘n botsing veelvuldige beserings opgedoen het. Die Franse ryer het ‘n boom getref tydens die Liege-Bastogne-Liege-eendagwedren en in ‘n sloot beland. Hy het twee ribbes gebreek en sy long het platgeval. Verskeie ander ryers is ook in die botsing beseer. Dit sluit Alaphilippe se Belgiese spanmaat, Ilan van Wilder, in wat ‘n operasie aan sy gebreekte kakebeen moes ondergaan. Die span sê Alaphilippe se toestand vereis ‘n langer waarnemings-tydperk.