Namibiërs nog altyd traag vir griep-inspuitings

Volgens die voormalige Namibiese gesondheidsmnister, dr. Bernard Haufiku, het die land nog altyd ‘n lae opname van griep-inspuitings gehad vir Namibiërs om hulself teen griep te beskerm. Haufiku het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê as die opname van die griep-inspuitings vanjaar laer is, is dit nie omdat mense moeg is vir inentings nie, maar eerder omdat Namibiërs nog altyd traag was vir griep-inspuitings.

Haufiku het ook aangeraai dat hierdie inspuitings drie maande voor die winter gekry moet word.