DA bevraagteken gereedheid van Gautengse hospitale vir vyfde vlaag

Die DA in Gauteng sê hy twyfel of Gautengse hospitale gereed is vir die vyfde vlaag van Covid-19. Dit volg nadat verskeie kenners gesê het die vyfde vlaag is aan die kom en die positiwiteitskoers staan op 19,3 persent. Jack Bloom van die DA sê hy is bekommerd oor die departement se leierskap en vakante posisies wat nog nie gevul is nie. Bloom sê daar is tans te min personeel by die meeste hospitale nadat talle gesondheidwerkers in Maart afgedank is.