Fase vier-beurtkrag in SA ingestel

Verdere onklaarrakings het Eskom gedwing om fase vier-beurtkrag vanoggend in die buurland tot verdere kennisgewing in werking te stel. Die kragvoorsiener se bedryfshoof, Jan Oberholzer, het vroeër die week gewaarsku Suid-Afrikaners moet hulself gereed maak vir langer beurtkrag-skedules. Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê nog inligting sal bekend gemaak word sodra dit nodig is: