Boulter sal moet antwoord gee op dood van Van Wyk

Die Britse miljardêr Harvey Boulter sal moet antwoord gee oor die skietdood van sy voorman Gerhard van Wyk in Februarie verlede jaar. Die aanklaer-generaal Martha Imalwa hou vol dat hy vervolg moet word al is die ondersoek steeds nie afgehandel nie. Boulter het in Julie vanjaar ‘n aansoek gebring dat Imalwa sy vervolging op verskeie klagte moet heroorweeg. Sy het die aansoek geweier. Die enigste uitstaande element van die ondersoek is DNS-uitslae. Boulter se saak is deur Christie Liebenberg tot 16 Januarie uitgestel sodat die uitslae gefinaliseer kan word. Boulter is vry op borg van 50 000 Namibiese dollar.