12 jaar van Tory-leierskap lei tot resessie

Die Britse skaduminister van finansies, Rachel Reeves van die Arbeidersparty het skerp gereageer op die Tory-finansminister Jeremy Hunt se sogenaamde Herfsverklaring wat verdere besnoeiings in besteding in die Verenigde Koninkryk aangekondig het. Daar word beraam dat Britse burgers se inkomste hierdeur met 7 persent sal krimp. Hunt het ook bevestig dat die land in ‘n resessie is. Reeves sê dit is die gevolg van 12 jaar van Tory-leierskap.