Malaria steeds uitdaging in SA

Dringende samewerking deur die regering, sakesektor en sektore-sonder-winsbejag is nodig om die verwoestende effek van malaria te stuit. Dit is die boodskap van die Goodbye Malaria-veldtog, wat malaria teen 2030 in Suider-Afrika wil uitskakel. Vandag is Wêreld-malariadag onder die tema, My Gesondheid, My Reg wat die behoefte benadruk om ongelykhede aan te spreek wat bestaan rakende toegang tot malariavoorkoming. Goodbye Malaria se bestuurshoof, Sherwin Charles, sê malaria in Suid-Afrika wek steeds groot kommer aan die Oostelike grense: