Familie van vermeende brandstigter by parlement vra vir geregtigheid

Zandile Mafe se familie sê hulle sal alles nodig doen om sy onskuld te bewys, nadat hy van brandstigting aangekla is na die brand by die parlement in Kaapstad. Mafe se broer, Alfred Matiwane, beskryf hom as ‘n teruggetrokke persoon wat nie gewelddadig is nie. Mafe se ander broer, Zamile Matiwane, sê die familie wil antwoorde en duidelikheid hê oor wat gebeur het en hoekom hulle broer vir die brand by die Nasionale Vergadering in hegtenis geneem is. Mafe se regsverteenwoordiger, Luvuyo Godla, sê sy kliënt word onregverdig beskuldig.