‘Saag die poppe se koppe af’

Die Taliban het winkel-eienaars in die weste van Afghanistan opdrag gegee om die koppe van winkelpoppe af te saag, omdat dié uitbeelding van die menslike vorm, indruis teen Islamitiese wette. ‘n Video wat op sosiale media toon hoe poppe se koppe in Herat afgesaag word, het tot woede binne en buite die land gelei. Nuusagentskappe berig dat die Taliban, sedert dit in Augustus die bewind oorgeneem het, ‘n strenger weergawe van Islamitiese wette ingestel het wat verdere perke aan die vryheid van veral vroue en meisies stel.