Sossus lugtreinplanne ontspoor

Die beplande lugtrein by Sossusvlei blyk om te ontspoor het. Die omgewingsministerie het ‘n konsessie aan Sky Eye Tours and Hospitality gegee om die trein by Sossus op te rig en te bedryf, mits die Erfenisraad en Namibia Wildlife Resorts geen besware het nie. Die maatskappy moet ook ‘n omgewingsklaring-sertifikaat hê en dat die NWR betrokke moet wees. Die konsultante, Green Earth Environmental Consultants sê die projek sal skadelik vir die omgewing, wat as Unesco-erfenisterrein verklaar is, wees. Die ongereptheid van die gebied is juis sy aantrekkingskrag. Daar is ook kommer oor die finansiële volhoubaarheid en stabiliteit van die projek en ook of die operateur oor genoeg ervaring en kennis beskik. Die kwessie van ‘n monopolie is ook opgebring. Die NWR het reeds ‘n aansoek in die hof gebring om die konsessie ter syde te laat stel.