F1: Mosley het selfmoord gepleeg

‘n Britse lykskouer het bevind die gewese Formule Een-hoof Max Mosley het sy eie lewe geneem nadat hy gehoor het hy het ongeneeslike kanker. Hy is verlede Mei op 81-jaar in sy huis in Londen dood aangetref. Internasionale media berig die hof het gehoor Mosley het die vorige aand aan sy persoonlike assistent gesê hy het besluit om sy eie lewe te neem. Hy het op die noodlottige aand ‘n laaste maaltyd saam met sy vrou geniet en vir haar ‘n brief gelos voor hy homself geskiet het.