ECB se inkomste neem af, saam met ekonomiese aktiwiteit

Die Elektrisiteitsbeheerraad sê die aanhoudelike afname in sy inkomste wek kommer. Die raad se voorsitter, Gottlieb Hinda, sê betalings van heffings raak al hoe minder as gevolg van die afname in ekonomiese aktiwiteit. In 2021 het die raad inkomste van 86,4 miljoen dollar aangeteken, ‘n 7,75 persent afname van die 93,7 miljoen dollar wat in 2020 aangeteken is. Die raad se hoof inkomste is heffings wat op elektrisiteit deur NamPower gehef word wanneer hy krag verskaf. Terwyl die heffings onveranderd gebly het in 2021, is 10,3 persent minder elektrisiteit verskaf.