‘GRN besit nie die land se bronne nie’

Die president van die Namibiese Plaaslike Besigheidsvereniging, Erastus Shapumba het skerp gereageer op die landbouminister Calle Schlettwein se aankondiging dat die elf groenskemas aan die privaatsektor beskikbaar gestel sal word vir beleggings in voedselproduksie. Shapumba sê hulle beoordeel die aankondiging ten sterkste omdat die regering nie die land se bronne besit nie. Shapumba sê geen konsultasies is gedoen nie. Groenskemas moet deur Namibiërs bestuur word en slegs as hulle onsuksesvol is, kan buitelanders ingebring word. Die skemas vertoon uiters sleg en produksie sukkel maar. Die regering het reeds in 2019 aangekondig dat sewe van die 11 skemas aan die privaatsektor oorhandig sal word omdat hulle onderpresteer.